Media Verklaring

22/11/2018

Navrae: GS Mathys

MEDIA VERKLARING

I/S: Toetssentrum

Met vele trots kondig die Hantam Munisipale Raad en Administrasie aan dat die Toetssentrum heropen word. Die toetssentrum is onlangs opgradereer teen n koste van R325 000. Na opgradering is inspeksie vanaf die Nasionale Departement van Vervoer asook die Provinsiale Inspektoraat gedoen waar die munisipaliteit toestemming gekry het om die toetssentrum weer in gebruik te neem.

Die sentrum maak Maandag 26 November 2018 om 08H00 oop. Die sentrum sal oop wees vir: “First Come First Serve” en tye sal soos volg wees:

Maandae – Bestuurslisensies ( Heeldag)

Dinsdae – Padwaardigheids toetse (Heeldag)

Woensdae – Padwaardigheidstoetse (Heeldag)

Donderdae – Padwaardigheidstoetse ( 08H00 – 13H00)
Leerlinglisensie (14H00)

Vrydae – Bestuurslisensie

Neem kennis dat hierdie tye slegs geldig sal wees tot Vrydag 14 Desember 2018, waarna nuwe dienstye vir 2019 van krag sal wees. Die publiek sal ingelig word van die nuwe dienstye

Die Raad en Administrasie vra weereens nederig verskoning vir die ongerief wat die publiek moes verduur gedurende die sluiting en opgradering van die toetssentrum.

Die uwe

J.I Swartz
MUNISIPALE BESTUURDER