
Hantam 1ste in Noord-Kaap wat skoon oudit behaal.
13 April 2022
Die Hantam munisipaliteit in Calvinia is die 1ste plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap om ‘n skoon oudit te behaal.
Werner Jonker, senior bestuurder vir finansies en korporatiewe dienste vir die Hantam -munisipaliteit , sê die geheim tot die suksesverhaal is dat hulle die regte kundige mense aan gestel het.
“Ons skryf dit oor toe aan die doelgerigtheid waarmee waarmee ons gewerk het en die streng kontrole wat ons in ons werk toe gepas het”. het Jonker gesê.
Hy se die munisipaliteit kon sedert die 2018 – ’19 boekjaar, met al die maatskaplik-ekonomiese uitdagings, kwynende ekonomie, maar goeie plaaslike regering, met ongekwalifiseerde ouditmenings die oudit-uitkoms vir 2020-’21 tot ‘n skoon oudit verbeter.